Agripreneurs Reeks: Stian Brandt

Klipkouers

Nov 3 2023 • 16 mins

Het jy al ooit gewonder waarom ry daar meestal oorsee-vervaardigde “rowwe-onbeskofte-ruwwe-terrein-bakkies” in Afrika rond? Wel, dis aan die verander. ‘n Vrystater het opgehou wonder. ‘n Plan gemaak en gedoen! So is die bekostigbare, taai, betroubare, geen fieterjasies Brandt BRV-werkeselbakkies in Bloemfontein gebore en nou ook vervaardig.

Ek het onlangs die spartaanse, duursame, lae onderhoud, veldry-voertuig  met sy stewige vragdravermoë by die Agriculture.Golf-gholfdag in Bloemfontein, te siene gekry. Ek het ook met die man agter die bakkies wat internasionale motorvervaardigers op eie werf aangedurf het, Stian Brandt van Brandt Radical Vehicles, gesels.