Episode 2: Aanpasbare Kinders Sal Floreer

Pot Vol Kennis

Jun 20 2023 • 39 mins

Ouers vrees die toekoms, want die nuwe wêreld waarop hulle hul kinders moet voorberei is ’n wêreld wat nie in hul verwysingsraamwerk bestaan nie. Aldus Hettie Brittz, ’n lewensafrigter en skrywer met ’n passie vir die uniekheid van kinders en bemagtiging van ouers. Die MOS-inisiatief fokus juis daarop om met hoop, eerder as vrees, te werk, en volgens Chris de Beer, leierskap- en besigheidsafrigter van MOS, moet ons kinders eenvoudig met die nodige vaardighede toegerus word om hierdie nuwe wêreld te hanteer.

En, aanpasbaarheid is krities. Die mees aanpasbare mense is dié wat in die toekoms gaan floreer. Derhalwe is lewenslange leer die enigste manier waarop ’n mens sal kan bybly in ’n wêreld wat voortdurend verander.