Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Ronell Bezuidenhout

Luister na daaglikse potgooie met geloofsnadenke deur die teoloog en leraar, dr. Ronell Bezuidenhout. Jy kan beslis verwag om uitgedaag te word. Ronell se fokus is om “hoop” deur haar boodskappe bring. Die bedoeling daarvan is om jou te inspireer om elke dag bruisend aan te pak. Die kort potgooie word elke oggend vroeg gelaai. Luister op jou selfoon of enige rekenaar: dalk saam met jou oggendkoffie, op pad skool of werk toe, of selfs as jy net rustig in die natuur wil asemskep. Ronell sê sy skryf nie "dagstukkies" nie; sy bied daaglikse toerusting wat jou uitdaag om die "vaste kos" van geloof te verteer. "Die lewe is vir niemand maklik nie, maar dit hoef ook nie te wees nie! Jy het altyd 'n keuse hoe jy die lewe benader.” Hierdie meditasies wil jou help met daardie daaglikse keuses. Ronell is een van die eerste vroue-predikante van die NG Kerk. Haar beroepsroete het haar via Port Elizabeth (1990-2003) en Johannesburg (2003-2018) tot na die kusdorpie, Groot-Brakrivier, gebring, waar sy nou by 'n Lutherse gemeente in Rondevleihoogte betrokke is. Sy is 'n gevestigde skrywer, wat oorwegend aandag gee aan die interpretasie van antieke geloofsgewoontes vir moderne, besige mense. Vele boeke het al uit haar pen gekom. Sy bedryf ‘n groeiende digitale bediening, reis landswyd as gasprediker, retraite-aanbieder en geleentheidspreker en as 'n geloofsbegeleier ondersteun sy selfs mense buite Suid-Afrika. read less
Religion & SpiritualityReligion & Spirituality

Episodes

Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 28 2023
Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Thomas van Aquinas (13de eeu) was ‘n wyse man. (Immers het hy gesê, die beste raad vir jou hartseer is ‘n glas wyn, ‘n lekker warm bad, en ‘n goeie nagrus.) Hy het ook gesê dat God se bedoeling met mense was - en steeds is - om “die goeie in dinge te bewaar.”  (Of, soos Paulus lank voor hom reeds geweet: “Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad” - 1 Tess 5:21). Alles wat van God kom; daarvan is ons die oppassers. (Dit leer ons uit die skeppingsverhaal: “bewoon en bewerk” beteken nie vernietigende heersers nie, wel versorgers namens God). Dit is ‘n ongelooflike gedagte: álles wat in jou gedagtes geskep word; en wat deur jou hande en woorde vorm aanneem, moet só gedoen word dat die volgende geslagte ook sal kan ontdek dat God die Goeie God is.  Met reg is (die meeste) mense in ons land geskok oor al die korrupsie! (Aquinas het gesê, “mense wat níé kwaad word oor onreg nie, pleeg self onreg.”) Dalk moet ons met dieselfde skok en afkeer nadink oor die “korrupsie van ons denke”? Of die “korrupsie van ons selfsug”!  Mag ons tevrede wees met ‘n lewenstyl van “maar okay’erig?” Of is dit werklik my passie om álles wat ek doen as “die beste” (vir God) te doen. Omdat God vir my “die beste” gee om in te woon en te werk. Toe Petrus met Kornelius praat het hy gesê dat Jesus rondgegaan het en oral “goeie werke” gedoen het. Dieselfde Heilige Gees wat die krag vir Jesus se goeie werke was (Hand 10:38), het die vrug van goedheid (Gal 5:22) in ons nagelaat. Vind vandag jou inspirasie oral waar jy goedheid van mense beleef. Daar ontdek jy afsplitsings van Die Goeie God. GEBED:  Goeie God wat oral om my sigbaar is – maak my U afsplitsing sodat ander U in my kan ontdek.   POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 29 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “I'll walk with God” gesing deur Marvin Kernelle met Erik Dippenaar as orrelis by die St. Andrew's Presbyterian Church, Somersetweg, Kaapstad.Uit die liriek:I'll walk with godFrom this day onHis helping hand I'll lean uponThis is my prayer my humble pleaMay the lord be ever with mehttps://youtu.be/axKEmfwLD2A
Dag 28 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 27 2023
Dag 28 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Charles Spurgeon, die groot 19de eeuse teoloog, het geskryf, “Sonder die Gees van God kan ons niks doen nie; ons is soos skepe sonder wind of waens sonder perde;soos takke sonder sap, is ons verdroog;soos kole sonder vuur, is ons nutteloos;‘n offer sonder die offervlam."'n Maand in die nuwe jaar in en ons sien dit reeds om ons: mense wat “soos takke sonder sap” is. Ons sê dit soms selfs (veral so aan die begin van 'n jaar): “As ons nou reeds so voel, hoe gaan ons teen die einde van die jaar voel?” Vir sommige is die oorwerktheid al reeds 'n risiko; ander dobber weer rond met 'n doelloosheid. Passieloos – “kole sonder ‘n vuur.”  Ons raak maklik slawe van die lewe (wat nie maklik 'n “nee” wil aanvaar nie). Maar, daar is 'n erger slawedrywer:  wanneer daar niks is om voor “ja” te sê nie.  Beide veroorsaak by mense neerslagtigheid.Nie een van hierdie toestande kan die werk van die Heilige Gees wees nie!   Dit is die Heilige Gees wat ons inspireer om na ons stil binnekamers te gaan waar ons onsself afsonder om voor God te buig. Nooit kan ons so besig wees dat ons nie tyd het vir “tot-bedaring-kom” voor God nie. Gelykertyd is dit die Heilige Gees wat ons inspireer om van die rusbank af op te staan, en gewapen met ‘n handdoek, voete te gaan was van hulle wat moeg is.  “Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys,” bid die psalmdigter in Psalm 119:37. Dit is die gebed van ‘n mens wie se knielbankie van sy binnekamer blink deurgeslyt is, want so leer jy God se Stem ken. En dan opstaan en die deur oopstoot: gereed om lief te hê.      GEBED:  Inspireer my, Heilige Gees, om “nee” te sê vir die verkeerde en onnodige dinge en “ja” te sê vir die regte en die nodige.   KUNS :  Linda S. Schmidt, Pentecost, 1991. KwiltwerkPOTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 28 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die liriekvideo van MercyMe se lied “Even If”.Uit die liriek:They say sometimes you win someSometimes you lose someAnd right now, right now I'm losing badI've stood on this stage night after nightReminding the broken it'll be alrightBut right now, oh right now I just can'tIt's easy to singWhen there's nothing to bring me downBut what will I sayWhen I'm held to the flameLike I am right nowI know You're able and I know You canSave through the fire with Your mighty handBut even if You don'tMy hope is You alonehttps://youtu.be/7Z6mS_BHxg8
Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 26 2023
Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek
‘n Lewe bruisend van geloof.  Of, stel dit anders: 'n geloof bruisend van lewe.  Daarvoor is ons bedoel.  Nie om die wêreld met ons geloof te “bepreek” nie, maar om die wêreld vanuit ons geloof te “bedien.” Godsdiens het vir baie mense te make met “reg” doen, of “reg” lewe.  Maar, jy kan reg lewe (m.a.w. niemand skade aandoen nie), en steeds impliseer dit nog nie dat jy hulle lief het nie (aldus 1 Joh 3:18-19). Wanneer “reg” en “verkeerd” jou fokus is en nie liefde nie, raak godsdiens maklike ‘n ideologie.  Dit verdeel die wêreld in “ons” en “hulle.” Dit is hoe dit gebeur dat iemand soos 'n Gandhi kon sê, “Ek hou van julle Christus; maar ek hou nie van julle – die christene – nie.  Was julle maar soos die Christus wat julle verkondig…”  Só beskryf Paulus die lewe van 'n Christen:  “in Christus Jesus (is) ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het” (Ef 2:10).  Wat ons glo en hoe ons leef kan mekaar nie weerspreek nie!  Die twee is interafhanklik van mekaar.  Ek is 'n christen, daarom wy ek my aan goeie werke.  Nie omdat ons dink God ons dan liewer sal hê nie; maar juis ómdat God ons liefhet. Omdat God barmhartig is, is ons ook die versorgers van hulle wat barmhartigheid nodig het. Omdat God onreg nie verdra nie; staan ons ook op daar waar onreg in die samelewing gepleeg word. Soos Jesus, is ons liefde ook nie net woorde en lippetaal nie, maar word dit met die daad bewys, dan in opregtheid. Dit is die bewys dat ons “aan die ware God behoort” (1 Joh 3:18-19).Godsdienstige mense, daarvan het die wêreld báíe.  Maar nooit genoeg van mense wat hul lewe wy aan die goeie dade waarvoor hulle bestem is nie.    GEBED:  Here, mag ek vandag my beste self vir U wees. Al meer, en al meer deur U Gees. KUNS : Andrea Büttner,  “Dancing Nuns”, 2007POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 27 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “Offer” deur Deon Meiring.Uit die liriek:As jy my siel uit trekEn sien hoe splinter ekKyk hoe is my swak plekke gevlekDaar's plek heers wat my breekbaarheid bedekMaar ook verkondigVersigtig waar jy raak ek val dalk uit mekaarSo is ons almal maar of so hoor ekSal ek my oë oop maak die balk weer kleiner saagEn brandhout daarvan maak om my blinde kol te offerhttps://youtu.be/VZtDqf7LI3A
Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 25 2023
Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek
“God wil my nie spoggerig hê nie – God wil my nuut hê”,  só skryf Nadia Bolz-Weber, 'n Lutheraanse predikant in die VSA. Ons hou van spoggerig:  dit lyk soos paleise en *****hotelle – nie soos kripgeboortes nie.  Soos suksesvolle televisiepredikers - nie soos angsbevange dissipels wat hulle Rabbi verraai nie.  Maar, wanneer God nuut maak, dan vryf God nie blink nie.  God verander! Soos Bolz-Weber skryf, “Nuut-maak is morsig: dit lyk soos alkoholiste wat herstel” (en sal sy nie weet nie; immers is sy self ’n gereabiliteerde alkoholis wat ’n pastor geword het). “Nuut is die ding wat ons nooit sien kom het nie - nooit eers voor gehoop het nie - maar uiteindelik is dit alles wat ons nodig gehad het," verduidelik sy.Nuut lyk soos ’n land wat bloedneus-geslaan word deur politici, maar waar die mense “op straat” met liefde na mekaar kyk.  Dit lyk soos gewone mense wat slaggate reg maak – al hoef hulle nie; selfs in woonbuurtes waar hulle self nie eers bly nie.  Nuut lyk soos vyande wat mekaar leer ken en vrede met mekaar maak.  Jesaja het reeds eeue gelede daaroor geprofeteer: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom…” (Jes 43:18-19).  Dit vra geloof om nuutheid te visualiseer. Veral waar dinge nou nog vir jou donker lyk en jy net aan God se belofte kan vashou.   God is in die “Besigheid van Nuwe Dinge Doen.” Ons is God se advertensieborde, want, soos ons ou mens saam met Jesus begrawe is; is ons nuwe mens saam met Hom uit die dood opgewek (aldus Rom 6:4).  Ons sien maklik die verkeerde dinge om ons raak. Mag ons oë oopgaan ook te sien dat God reeds besig is met vernuwing!GEBED:  Heilige Gees, maak van my 'n lewende advertensiebord vir die God van Nuutheid..POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 26 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die video-opname van “Go The Distance” deur die One Voice Children's Choir.Uit die liriek:I have often dreamed of a far off placeWhere a heroes welcome would be waiting for meWhere the crowds will cheer when they see my faceand a voice keeps saying this is where I'm meant to beI'll be there someday I can go the distanceI will find my way if I can be strongI know every mile would be worth my whileWhen I go the distance I'll be right where I belonghttps://youtu.be/5xhDdTiHKoE
Dag 25 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 24 2023
Dag 25 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Francis de Sales was 'n Biskop van Geneve uit die 16de eeu.  In 'n tyd waar daar sterk en rigiede reëls en regulasies vir die samelewing was, was hierdie Biskop bekend daarvoor dat hy die kerkleiers aangemoedig het om met 'n sagmoediger hart met mense te werk.  Dit is hy wat die sinnetjie - “Blom waar jy geplant is” – gevestig het.  “Wees die beste self wat jy kan wees; én wees dit op jou beste,” het hy mense aangemoedig.Dit klink amper soos ’n meme wat jy op ’n koffiebeker kan vasplak.  ’n Goedvoel-sinnetjie.  Die probleem met hierdie tipe wyshede is dat dit mooi klink, maar dat jy dit net so vinnig weer vergeet. Dit was nie hoe Francis de Sales dit bedoel het nie.  Volgens hom kan net mense wat “hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig” het (aldus Gal 5:24) werklik hul beste self wees. Wat Paulus die gemeente van Galasië geleer het, is dat jy nie jou “beste self” sal kan wees as jy nie aan Christus Jesus behoort nie.  Alles wat jou daarvan weerhou om “soos Christus Jesus” te leef, was jou nie waardig nie!  Hoor hoe stel Paulus dit: “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie” (Gal 5:16).  Self kan jy nie jou eie lewe laat blom nie.  Net die Heilige Gees maak van jou lewe 'n blomtuin.  Waar die vrug van die Heilige Gees die blomme laat blom met soeter reuke as enige roos of lelie of jasmyn.   Geen aroma kan die aroma ewenaar van “liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” (Gal 5:22) nie.   “Wees die beste self wat jy kan wees!” Leef soos jou Jesus Christus!GEBED:  Here, mag ek vandag my beste self vir U wees. Al meer, en al meer.  Dankie dat U Gees dit vir my moontlik wil maak.KUNS: Paulus, Rembrandt (1633)POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 25 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na Maren Morris se lied “Humble Quest”.Uit die liriek:I’m on a humble quest And damn I do my best Not gonna hold my breath ‘Cause I still haven’t found it yet No I still haven’t found it yet https://youtu.be/ZRM4oq0auaU
Dag 24 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 23 2023
Dag 24 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Onlangs skryf iemand vir my (n.a.v. Psalm 23): “’n Pessimis is iemand wat glo die beker is halfpad leeg; ’n optimis glo weer die beker is halfpad vol; ’n wyse mens weet sy beker loop altyd oor”.  Optimiste is mense wat op die positiewe moontlikhede van ’n situasie fokus (m.a.w., daar is altyd 'n silwer randjie, ongeag hoe donker die wolk is). Pessimiste sien hoe donkerder die wolk nog kan raak.  Beide optimis en pessimis hou die situasie fyn dop; maar nie een gaan moue oprol om dinge te verander nie.  Hoopvolle mense leef nie met die verwagting dat dinge – eendag – dalk beter (of slegter) sal gaan nie.  Hoopvolle mense leef met die wete dat híérdie oomblik aan God behoort, ook dat ons medewerkers van God wat nóú verandering wil bring, nie eers eendag nie.    Optimisme is goed.  Hoop is beter!  Optimisme kan verdwyn as dinge nie verbeter nie.  Hoopvolle mense fokus nie op die omstandighede nie.  Wanneer Moses met Josua en die volk praat, vertel hy vir hulle dat daar moeilike tye voorlê.  Die Beloofde Land wag om ingeneem te word. Oor-en-oor sê Moses, “Moenie bang wees nie!” (So, asof hy eintlik wil sê julle het alle rede om bang te wees).  “Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir die Amoriete skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie”. Dan weer, “Wees sterk, wees dapper!” En weer, “Moenie bang wees nie, moenie skrik nie” (Deut 31:6-8). Soms wil ons hê dat die legkaart se stukke net “sommer-so” perfek moet inpas, anders verloor ons belangstelling.  Maar as jy iets wil verloor, verloor eerder jou optimisme as jou hoop!  Want, met optimisme vertrou jy op omstandighede wat moet verbeter. Hoop is wat jy nodig het om op God te vertrou! GEBED:  Dankie dat ek aan hoop kan vashou, my Here!KUNS:  Moses en die brandende bos, 6de eeuse mosaïek, Basiliek van San Vitale, Ravenna, Italië POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 24 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die video-opname van “You've Already Won” deur Shane & Shane." Uit die liriek:There’s peace that outlasts darknessHope thats in the bloodThere’s future grace thats mine todayThat Jesus Christ has wonSo I can face tomorrowFor tomorrow’s in Your handsAll I need you will provideJust like you always havehttps://youtu.be/sM0ovt_nbd4
Dag 23 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 22 2023
Dag 23 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Die Brenthurst Stigting het in 2021 'n opname onder Suid-Afrikaners gedoen en gevind dat slegs 36% van hulle hoop het vir die toekoms. Ook is ons tiende op die ranglys van lande waar mense hul eie lewens neem.  'n Derde daarvan is onder ons tieners.  As hierdie statistieke waar is, is ons werklik moedeloos en uitsigloos. Toekomslose mense op 'n ashoop.  (Waar sou jy jou kruisie getrek het, as die vraelyste by jou sou geland het?)My groot probleem met hierdie bevindinge is dat 79.7% mense (ook aldus die statistieke) hul kruisie by “Christen” trek.  Iets pas nie lekker nie!  So min mense met hoop, en die meerderheid van hulle moet dan christene wees? Onmoontlik! Is ons dan nie juis die verteenwoordigers van Hoop nie?  Besit ons nie 'n "vrede wat alle verstand te bowe gaan" nie?  Is ons nie Paasfeesmense nie?Soms praat ons oor hoop asof dit iets is wat ons in "aaklige" tye moet deurdra; amper soos 'n reddingsboei op 'n rowwe see.  Maar hoop is véél meer!  Hoop is gegrond op 'n onfeilbare belofte. Die vraag is nie of jy hoopvol is nie; die vraag moet wees: glo jy die Beloftemaker? Hoopvolle mense kyk nie die slegte dinge om hulle mis nie.  Inteendeel!  Hulle sien júís raak!  Maar hulle draai nie hulle rug op dit wat verkeerd is nie.  Dit is juis hulle wat help aan die heelmaak van 'n stukkende wêreld omdat dit God se wêreld is.  Hoop is onblusbaar omdat dit deur die Heilige Gees aangesteek is.   Hoopvolle mense bid daagliks vir mekaar en vir hulself die seëngebed van Rom 15:13, "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"  Soos ek dit vandag vir my en jou ook bid!GEBED:  Here, maak ons hoop ook al sterker deur die krag van die Heilige Gees.KUNS: “Lesse van gehoor” toon 'n jong vrou alleen in 'n skaduagtige huishoudelike ruimte wat aandagtig luister na die Gees. 'n Kruisbeeld en 'n ikoon van die Maagd en Kind hang bo haar aan die muur. Lessons of Hearing, 2021, fotokuns deur Poolse kunstenaar Laura Makabresku.POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 23 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die video-opname van "Way Maker" deur Jeremy Riddle en Priscilla. Dit is ’n opname by ’n stadionkonsert in Brasilië. Uit die liriek:You are hereMoving in our midstI worship youI worship youYou are hereWorking in this placeI worship youhttps://youtu.be/miPSimQa1DY
Dag 22 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 22 2023
Dag 22 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Een van my goeie vriende – 'n uiters kranige tuinier – woon in Engeland.  Ek vra gereeld vir hom foto’s van sy (werklik besonderse) tuin. Natuurlik, in my domheid, vra ek dit weer die anderdag, waarop hy my inlig dat daar niks in die tuin is om te wys nie.  Dit is mid-winter en die wêreld lê dik toegevou onder die sneeu.  Maar toemaar, sê, wag geduldig, dit is hierdie sneeu wat juis vir 'n mooi tuin gaan sorg.  Daardie woorde “wag geduldig” het my laat nadink.  Hoeveel keer mis ons nie die “rykdom” van die wintertyd nie in ons lewens nie.  Tyd om te wag en te dink. Ongeduldige mense gryp maklik in en dink hulle moet self 'n situasie red. Sulke mense verleer om soos Dawid te sê, “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!” (Ps 27:14, 1953-vert).  Ongeduldige mense probeer die ysige ongemak van die lewe vinnig “uitsorteer.” En tog is dit juis die ysige koue fronte in die lang winterslaap wat die saad in die grond laat ontkiem om te kan groei.  Dalk het jy ‘n begeerte dat iets in jou lewe moet gebeur.  Dalk bloot dat jy weer geloofsvreugde kan ervaar; of dat die pyn en trane, dalk teleurstelling, weer in vreugde kan verander; dalk bloot om weer hoop te vind.  Moenie ophou wag nie, want wag bied jou die kans om te ontdek:  “Slegs as julle julle bekeer en julle vertroue in My stel en rustig op My wag, sal julle gered word. Julle krag lê daarin dat julle stil op My vertrou.” (Jes 30:15a – Die Boodskap)Soos Pete Greig geskryf het, "Soos ek op God wag, so wag God op my; God wag om te sien of ek regtig vir Hóm wag, en nie net dinge van Hom wil hê nie." GEBED: HEMEL-VADER, op U alleen is my vertroue, en op U alleen wag ek.KUNS: “Wag op God” www.fineartamerica.comPOTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 22 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die musiekvideo van Ons Lieflinge se uitvoering van “Die Here Wag Reeds Daar” soos opgeneem by die Shack in Pretoria, 2017.Uit die liriek:Moenie bang wees vir môre nieElke nuwe dag het sonMôre bring dalk engeleMôre draai als omMoenie wegraak in gister nieHou aan glo en hou aan hoopEn as jou hart nie langer kan nieLaat die Here voor jou loopJy gaan seer kry in jou leweJy gaan baie lesse leerJy moet weet daar is 'n redeDat die Here dit nie keerAs jy voel of jy alleen isEn jou skippie doelloos vaarMoenie bang wees vir môre nieWant die Here wag reeds daarNie almal hoef te weet nieNet jy hoef te verstaanOmdat die ware waarheidMet God se spore gaanhttps://youtu.be/j6761s0LsuERUDI CLAASE & CHARNÉ HUGO#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
Dag 21 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 20 2023
Dag 21 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Ons ry almal wipplank in ons geloof.  Daar is tye van heldere sekerheid; selfs braafheid.  Dan is ons soos Tomas wat ander kan aanmoedig.  Johannes vertel dat, toe die dissipels bang was toe Jesus sê hulle moet teruggaan Judea toe om vir Lasarus te gaan opwek, was dit Tomas wat hulle aangemoedig het om saam te gaan.  Hoor hoe protesteer die dissipels: “Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en nou gaan U weer daarheen?” (Joh 11:8).  Waarop Tomas antwoord, “Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe” (v16).   Ander kere moet ons eerlik bely, ons weet bloot net nie! Ook soos Tomas.  Dit is hy wat, net soos die ander, nie verstaan wat Jesus bedoel het toe Hy sê, "Julle moet nie ontsteld wees nie. Ek gaan om vir julle 'n plek voor te berei" (Joh 14:1-4). Maar, waar die ander stilbly, het Tomas dadelik gevra: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken” (Joh 14:5).  Ons mag vrae vra; want kyk hoe lei hierdie vraag tot een van die belangrikste geloofswaarhede, toe Jesus antwoord:  "Ek is die weg en die waarheid en die lewe" (v6).  En dan is daar tye van halstarrige ongeloof! Wanneer die dissipels getuig dat hulle die opgestane Jesus gesien het, weier Tomas om te glo.  Bring die bewyse! (Aldus Joh 20:15.) Sonder om 'n masker op te sit is hy bloot eerlik oor sy ongeloof.  In plaas van om hom te verwerp (wat seker sou kon gebeur), verskyn Jesus aan hom, hou sy wonde uit en sê, “voel dan self, Tomas!”   Dalk moet ons meermale die masker afhaal en bloot eerlik wees! Want dit is wat daartoe gelei het dat Tomas kon uitroep, "My Here en my God” (v28).  Wat 'n getuienis:  nie net die Kurios (“Here”) nie, maar God self! GEBED:  Here, soos 'n Tomas roep ek ook uit, kom my ongeloof tegemoet.   KUNS:  Die ongeloof van Saint Thomas deur Caravaggio, 1602 POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/  #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag  MUSIEK:  Op Dag 21 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die musiekvideo van die Nederlandsegroep Sela se nuwe lied “Gods verhaal gaat door”.    Uit die liriek:  Als onze wegen leiden naar een nieuwe horizon,zal God zijn trouw bewijzen;Hij houdt vast wat Hij begon.Ook straks als onze padenniet langer samengaan;wij blijven diep verbondenin zijn Geest en in zijn Naam.Gods verhaal gaat door;Hij geeft een nieuw begin.Zo stappen wij de toekomst in.Gods verhaal gaat door;samen zingen wijmet een hart vol dankbaarheid. https://youtu.be/TfKhZJkE1tk
Dag 20 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 19 2023
Dag 20 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Dit is 'n gegewe dat ons in hierdie jaar wat voorlê in ongemaklike storms gaan beland (ons noem dit bloot “die lewe.”) Die waardevolste les wat ek reeds as 'n klein dogtertjie geleer het was hoog in die lug:  my pa het 'n vlieglisensie gehad vir 'n ligte vliegtuig.  Etlike kere het ons in 'n storm beland wat vir ons passasiers soos 'n ewigheid gevoel het.  Waar jy kyk is net donker donderwolke; maar oor-en-oor het my pa herhaal: “ons kyk nie na die wolke nie; ons vertrou die vliegtuig se instrumente.” So het ek geleer, jy kom nie deur ’n storm danksy jou eie vaardighede nie; jy herroep alles wat jy geleer het.    Elke keer wanneer een van die profete ’n boodskap van hoop aan die volk gegee het was dit omdat hulle hulself juis in ’n situasie bevind het waar hulle moes kies: óf vrees gaan hulle verlam;  óf hulle kan die beloftes vertrou.  Vrees neutraliseer vertroue!  Vrees laat jou of in jou eie vermoë twyfel, of dit laat jou te veel op jou eie vermoë fokus.  Vrees maak van ’n slegte situasie ’n ondraaglike situasie.  Dit ontneem jou jou perspektief.Dit is in sulke situasies waar dit jou werklik baat om die Skrifbeloftes goed te ken!  My spirituele begeleier het altyd gesê, “Die Heilige Gees kan jou net herinner aan iets wat jy al gehoor het.” Hoe beter jy die Woord ken, hoe helderder kan jy dit in daardie oomblik wanneer jy dit nodig het, herroep.  Dawid het dit ook geweet, daarom bid hy: “Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig” (Psalm 119:143).Vertrou die instrumente! Of soos die Spreukeskrywer dit stel, “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie” (Spr 3:5). Dit sal jou deur die storms begelei.  GEBED: Here, soms is alles om my donker.  Dankie dat ek na U toe kan kom daarmee. KUNS: Die storm op die See van Galilea is 'n olie-op-doek-skildery uit 1633 deur die Nederlandse Goue Eeu-skilder Rembrandt van Rijn. Dit was voorheen in die Isabella Stewart Gardner-museum in Boston, maar is in 1990 gesteel en word steeds vermis.POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 20 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die liriekvideo van Dewald Wasserfall se treffer  "Jy is die storm".Uit die liriek:Wees die ligDiep in die nagWant daar’s soveel wat vir hoop lê en wagKom wys die padOor die bergeWant op eie einde van die dag het ons mekaarEn die storm sê hy gaan vir jou verniеlDaar gaan niks oorblyNie eers n stukkie sielMaar jy moеt weetJy is die storm (Jy is die storm)https://youtu.be/_FJhINkVCyQ
Dag 19 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 18 2023
Dag 19 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Net gister skryf ek oor vreugde, en vandag kry ek kennis van buitengewone hartseersituasies in twee (nie-verwante) gesinne se lewens. En dit wil my dadelik weer oor klaaggebede laat nadink.  Bykans ’n derde van die Psalmgebede gaan oor kla!  Hoeveel van ons kan nie assosieer met hierdie woorde nie:  “Ek is heeltemal gedaan. U laat al u golwe oor my breek. Hoe lank nog, Here! Hoor tog my hulpgeroep”(Ps 6:4).Walter Brueggemann het eenmaal gesê, daar is drie soorte psalms, presies soos daar drie lewenstoestande ook is:  psalms van oriëntasie (daardie tye waar ons bloot op gladde water vaar); psalms van disoriëntasie (daardie tye van ruwe storms en hulpkrete) en reöriëntasie (al het alles verander, sien ons weer kans om aan te gaan).  Dit is juis in die disoriëntasietye waar ons die eerlikste gebede bid; omdat ons – soos Jakob – met God worstel.  Selfs die Heilige Gees is sugtend in die disoriëntasietyd, en roep namens ons om uitkoms (aldus Rom 8:26).’n Klaaggebed impliseer nie ’n gebrek aan geloof nie.  Geloof is nie om dapper te wees nie.  Geloof word gebore daar waar ons juis nie weet nie. Maar een ding weet ons wel, ons weet daar is Een Wat Weet.  Jy mag die waagmoed van terugpraat by God hê.  Dit is veral mense wat ’n lang pad reeds met God stap wat kan neersak en sê, “My God, o my God. Nee!” Wie sou nou ooit kan dink dat klaagliedere ook troosliedere is.  Tog is dit wat gebeur met die mens wat bereid is om eerlik by God te gaan kla.  Dit bring verligting.   Jy mag dalk in 'n “tyd van oriëntasie” wees, maar gaan kyk om jou en sien die geweldige storms wat ander mense se lewens oorweldig.  Word jy die een wat by God pleit om sy arms oor die storms uit te steek soos Jesus van ouds.GEBED: Here, soms is alles om my donker.  Dankie dat ek na U toe kan kom daarmee.KUNS: “Psalm 6” (1694) ’n etsdruk deur die Frans gebore Brit,  Louis Chéron.  POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 19 van ons reeks #Herbesoek luister ons na die groep Poor Bishop Hooper se Psalm 6.Uit die liriek:But the lord has heard the sound of my weepingthe lord has heard my cry for his helpthe lord accepts my prayer no matter how its brokenthe lord will make my enemies turn and runPoor Bishop Hooper bestaan uit Jesse and Leah Roberts.https://youtu.be/UoZA_EwtYB4
Dag 18 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 17 2023
Dag 18 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Die profeet Nehemia beskryf een van die grootste feeste waarvan ek nog ooit gelees het:  “Met die oog op die inwyding van die muur om Jerusalem is die Leviete oral in hulle woonplekke opgespoor en na Jerusalem toe gebring. Hulle moes die inwyding feestelik vier met lofliedere en met die musiek van simbale, harpe en liere.  Die sangers is ook bymekaargebring ... Daar is daardie dag baie offers gebring. Die mense was bly God het hulle groot blydskap gegee. … Jy kon die blydskap van Jerusalem ver hoor”  (uit Neh 12:27-43).Ons kom pas uit een van die grootste feestye van ons kerklike jaar:  Kersfees.  Ons is ook vinnig besig om na die allergrootste feestyd te beweeg – Lydenstyd wat uitloop op Paasfees.  Maand na maand hoor ons in ons gemeentes, met die gebruik van die nagmaal die woorde:  “hier is My liggaam, neem, eet en dink daaraan en glo” (1 Kor 11:23-26).  Geen offer kan groter vreugde as dit verskaf nie! G'n wonder in Engels is die woord vir nagmaal “eucharist” nie:  'n goeie geskenk (of “eu” + “charis”). Die dankbaarheidsfees oor die groot genade. Dankbaarheid oor die goeie geskenk.Die grootste kenmerk van Christene is sekerlik dat hulle dankbare mense is! Hier is een van ons geloofsbeginsels:  dankbaarheid vloei die sterkste wanneer ons wortels  in die wortels van Christus vasgroei.  So sê Paulus:  “Aangesien julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul” (Kol 2:6-7).Dit is altyd vir my betekenisvol dat ons nie net aangemoedig word om te “bid sonder ophou” nie, ons word ook aangemoedig om “altyddeur bly te wees” (1 Tess 5:16-17). Biddende mense staan van hul knieë af op as blymoedige mense. Mense met rede om groot fees te vier. Meer selfs as in Nehemia se dae!GEBED:  U gee álles. Ek gee my dankbaarheid, Here.KUNS: Illustrasie uit die 13de eeuse Morgan Bybel van Dawid wat die ark na Jerusalem gebring het.POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 18 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die liriek-video van Chris Tomlin se lied  “Jesus Messiah”.Uit die liriek:His body the bread, his blood the wineBroken and poured out all for loveThe whole earth trembled, and the veil was tornLove so amazing, love so amazing, yeahJesus Messiah, name above all namesBlessed redeemer, EmmanuelThe rescue for sinners, the ransom from HeavenJesus Messiah, Lord of allhttps://youtu.be/tdxSC1tHJn0
Dag 17 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 16 2023
Dag 17 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Iemand het eenmaal gesê, “Tyd alleen saam met God is nooit tyd alleen nie.”  Ek het dit onlangs ervaar.  Erens het ek die GPS se leiding verkeerd gehoor, en voila, daar land ek op ’n grondpad – reg deur die Karoo (of so het dit gevoel!)  Aanvanklik was ek doodsbenoud, en skielik het die woorde van Paulus by my opgekom:  “God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Ek het ’n keuse gehad:  óf ek bly angstig, óf ek gee myself aan die ervaring oor, ontspan en geniet die omgewing.  Elke kilometer raak ’n loflied!   Die woorde word my “mantra”:  wonderbaarlike rykdom… wonderbaarlike rykdom…Daardie aand het ek die teks gaan opsoek:  “Dit gaan nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. … Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen” (Fil 4:17-20). Jesus Christus is God se “wonderbaarlike rykdom”:  Immers sal God self, “in die tye wat kom (vir die wêreld) laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het” (Ef 2:7).  Soos Christus God se wonderbaarlike rykdom aan ons is, so is die Heilige Gees weer Christus se wonderbaarlike rykdom aan ons (aldus Hand 14:26).  Die Heilige Gees gee weer aan ons die grootste gawe van alles:  liefde (aldus 1 Kor 13:13); en dan nog boonop hoop en geloof ook!  Wonderbaarlike rykdom, inderdaad.  Jy het geen groter gawe om die wêreld te bied nie as liefde – só bied jy God self aan die wêreld.  Mag jou reis “deur die Karoo” jou dan ook so verras!GEBED:  Here, ek is ryk deur die wonderbaarlike rykdomme wat U aan my skenk! KUNS: “Faith, Hope, Love” (1995) deur Alexander Pechatnov in olie op doek.POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op die Dag 17 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die musiekvideo van die “He’s got the whole world in His Hands” deur die Stellenbosch Universiteitskoor. Die verwerking is deur Cedric Dent en die koor is onder leiding van André van der Merwe.Uit die liriek:He’s got the whole world in his hands. He’s got the wind and the rain in his hands.He’s got the little bitty baby in his hands.He’s got you and me sister in his hands.He’s got ev’rybody in his hands.He’s got the whole world in his hands https://youtu.be/slI2wbv98Lw
Dag 16 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 15 2023
Dag 16 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Dit bly ’n wonderwerk dat ’n klaaglied ’n loflied kan word, veral omdat ’n klaaglied gebore word in doodloopstraat-omstandighede. Doodloopstraat-stories hoor ons gereeld om ons: Suid-Afrika is ’n doodloopstraat-land. Of waar daar eens oor ’n lang-en-gelukkige huwelik gedroom is, eindig die romanse in ’n doodloopstraat.  Broodwinners wat in die laaste jare oorbodig verklaar is weet presies hoe hierdie doodloopstraat voel.  Voor jou lê ’n berg met 'n dik donker wolk daaroor – hoe gaan jy daaroor kom? Alles het in duie getuimel. Ek leer in die Psalms dat klaagliedere en lofliedere pasmaats is. Dink aan Psalm 30:12, “Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.”  Geen mens kan die soet smaak van vreugde waardeer sonder om nie soms die aalwynbitter van pyn en teleurstelling ook te moet sluk nie. 'n Klaaglied kan net gebid word wanneer 'n mens raaksien wat om jou gebeur.  Dit vra dat jy met oop oë leef – veral om oor ander se pyn namens hulle te kla.  Dit is ook so interessant hoeveel klaagliedere ook woede-emosies beskryf:  “Here, wanneer gryp U dan in. Doen tog nou iets, Here!”Klaagliedtye dwing ons wortelstelsel om al dieper in geloofsgrond in te groei tot dáár waar die belofte van water is.  Ja, die vaskyk in die uitsigloosheid van doodloopstrate kan mense hul van geloof beroof as hulle nie ook die beloftes van uitkoms kan vertrou nie.   Dit is dan dat jy jou klaagliedere eerder na mense by die braaivleisvure neem om daar te wil oplos.  Steen en been kla ons.  Teen die einde van die aand is ons goed opgesweep oor alles wat sleg is.  Behalwe, dat ons mekaar se klaagliedere nooit self in dankliedere kan verander nie. Maar neem dit na God toe, dan sien jy wat gebeur…    GEBED: Here, kyk ek om my ween ek oor alles wat verkeerd is.  Dankie dat ek by U mag kom kla daaroor.      KUNS: “Jehova es mi luz” (Jehovah is my lig), San Blas-eilande, Panama, 1980's. Omgekeerde borduurwerk.POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 16 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na Louis Brittz se musiekvideo “Psalm 30 – Feesklere”.Uit die liriek:Ek het benoud U hulp gevraU het my deur die nag gedraEn U’t genade my betoonO Here, heiligU het my rouklere uitgetrek, my feesklere aangetrekDaarom sal ek sing vir U, sal ek nie stilbly nieMy rouklere uitgetrek, my feesklere aangetrekDaarom sal ek hulde bringDaarom sal ek aanhou singhttps://youtu.be/HP7hcz1_DbE
Dag 15 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 14 2023
Dag 15 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Dit is dalk goed om in die begin van die jaar na te dink oor gebed. Gebed is ons lewensaar na God toe!  Die Psalms was Jesus se gebedeboek.  Daarin vind jy vir elke liewe situasie 'n gebed.  In die Psalms leer jy dat al wat van jou gevra word, is eerlikheid!  Eerlikheid oor jou omstandighede en eerlikheid oor jou emosies.  Oor enige-iets kan gebid word.  Daar is nie beperkinge of jy gebede saam met mense kan bid, en of dit alleen gedoen kan word nie.  Sommige gebede is openbare gebede (byvoorbeeld tydens ’n erediens).  Sommige word namens iemand gebid wat voel asof hulle nie meer kan bid nie.  ‘n Sterfbed-gebed is net so kragtig soos ’n gebed by ’n geboorte.  Daar is klaaggebede en dankgebede; voorbiddingsgebede en aanbiddingsgebede.  Daar is gebede wat deurnag-lank gebid word, en dan is daar ook ’n skietgebed - soos Nehemia s'n - waar jy in ’n oomblik van benoudheid na God uitroep.  Daar is die gebed wat in ’n oomblik van vrees gebore word; ook die dankgebed teenoor die Lewende God wat gehoor het.  Gebed het nie grense nie:  jy kan bid vir hulle in lande waar jy nooit sal kom nie; mense wat jy nooit sal leer ken nie.  Soms bestaan gebed uit woorde, ander kere uit stilte, selfs die taal-van-engele.  Soms gee jy jou kos prys, sodat jou honger jou aan God kan herinner en jy, in plaas van eet, daardie tyd sal bid. Ander kere sit jy juis by ’n etenstafel saam met jou gaste en bid.  Kniel, of hardloop, of loop in 'n reuse winkelsentrum.  Die vraag is nie die plek nie, die vraag is of jy maak soos Paulus in Efesiërs 6:18 leer:  “Doen alles wat jy doen biddend.”   Stop met wat jy doen, en bid eers.  Staan dan op en doen waarvoor jy gebid het!GEBED:  Here, waarom bid ek so min!  Maak 2023 vir my 'n jaar van bid.KUNS: Frederic Leighton se skildery van Dawid  (1865)POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 15 van ons reeks #Herbesoek luister ons “Gebed” deur Koos du Plessis gesing deur die Acapella koor onder leiding van Elize Rautenbach. Uit die liriek: Wat ek is, is net genade.Wat ek het, is net geleen.Eintlik smag ek na U waters van rus.Lei my Heer vanaand daarheen.https://youtu.be/EJni3HknnbI
Dag 14 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 13 2023
Dag 14 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Die bekende teoloog, Dallas Willard, het eenmaal grappenderwys gesê, “Min mense staan in die oggend so honger vir God op soos vir graanvlokkies, of roosterbrood en eiers.”  Is die brandende begeerte na God jou dryfveer? Soos die digter in Psalm 63:2 skryf: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.” In Joh 7:37-39 sê Jesus, “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Net daarna verduidelik Johannes dat Jesus spesifiek hier na die Heilige Gees se uitstorting verwys het). Ons ken hierdie woorde uit Jesaja 43:1-2: “Kom, almal wat dors is, kom na die water toe … Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?” Die kragtige werking van die Heilige Gees is volledig tot ons beskikking. Maar, of ons van die uitnodiging gebruik wil maak om daaraan te deel, dit is ons keuse!  Jesus belowe, “Vra, en vir julle sal gegee word … Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sondig is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra” (Luk 11:11-13). Dit laat my wonder presies wat is dit wat my grootste wens van God af is? Allerande dinge? Goeters? Dat dit met my voorspoediger moet gaan? Of is my verlange na God se teenwoordigheid die allesoorheersende? Om die die krag van die Gees te mag ervaar? GEBED:  Hou my smagtend na U, Here.  KUNS:  Grafika by Soundcloud Revelationsinart Heidi Mitchell POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/  #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag  MUSIEK:  Op Dag 14 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ’n musiekvideo van “Psalm 63” deur die Duitse kunstenaar Marc Burger. Uit die liriek:  Englischer Liedtext (mit deutscher Übersetzung):God, you are my God(Gott, Du bist mein Gott)and I long for you.(und ich sehne mich nach Dir.)My soul desires you.(Meine Seele verlangt nach Dir.)Dry and waterless land(Ausgetrocknetes und dürres Land)my soul is thirsty,(meine Seele ist durstig)thirsty for you.(sie dürstet nach Dir.) Marc is ‘n student in Teologie en Musiek aan die St. Chrischona Teologiese Seminarium. https://youtu.be/rORbbeawqH8
Dag 13 van Meditasie-reeks #Herkoms
Jan 12 2023
Dag 13 van Meditasie-reeks #Herkoms
Dit gaan 'n mens se verstand te bowe dat God van mense gebruik maak om God se medewerkers te wees. Sou dit nie beter gewees het om maar van die begin af eerder engele te gebruik nie? Van die eerste bladsye van die Bybel lyk dit asof hierdie storie op 'n ramp gaan afloop, want die mens en sy vrou was duidelik nie geskik nie!  God kies bangbroek-profete (gaan kyk maar hoe hardloop Elia vir Koningin Jesebel weg). Later kies God bangbroek-dissipels (de laaste een het weggehardloop toe Jesus gevange geneem was). Paulus – wat geroep is om die Kerk te vestig - sou beslis nie ons eerste keuse gewees het nie!  Moeder Teresa van Kalkutta was duidelik reg toe sy gesê het, “God roep ons nie om suksesvol te wees nie; God roep ons om gehoorsaam te wees.” In 1 Kor 4:6 staan daar, “God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis,’ het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.” Net vir ingeval ons oorverseker voel, skryf Paulus: hierdie lig skyn vanuit ons – die breekbare kleipotte.  'n Mens sou dink dat God “beter” sou kon beplan:  is ysterpotte nie sterker as kleipotte nie?  Is kristalglase nie indrukwekkender as kleipotte nie.  Waarom dan?  Want, “die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie” (v7).   Einste Moeder Teresa het eenmaal gesê, “Nie almal is geroep om groot dinge te doen nie, maar almal is geroep om die klein dinge getrou te doen.” Bloot daar waar jy leef, of dit in Midrand of Makwassie of Malmesbury is: jy is geroep! Of jy 'n suksesvolle sake-onderneming het, en of jy sonder werk is:  laat die Lig skyn, al is daar krake in jou lewe!   God sal jou toerus, wees jy net gewillig. GEBED:  Skepper-God; dankie dat ek bruikbaar vir U is, soos ek is!POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 13 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ’n musiekvideo van die groep We The Kingdom se lied “Light of the World”.Uit die liriek:Light of the worldTreasure of HeavenBrilliant like the starsIn the wintery skyJoy of the FatherReach through the darknessShine across the earthSend the shadows to flighthttps://youtu.be/tWeXVnRm6R8
Dag 12 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Jan 11 2023
Dag 12 van Meditasie-reeks #Herbesoek
Ek kan nie aan erger woorde dink as hierdie wat Naomi, die skoonma van Rut, gesê het nie, “Die Here het teen my gedraai” (Rut 1:13). Die Here kyk anderpad en sien nie meer my ellende nie! Al leer Num 6:22-24 presies die teenoorgestelde:  “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee” (1953-vertaling). So “goedgunstig” voel God oor ons!Dit neem nie lank om die hele Rut-boek in die Ou Testament te lees nie.  Hoe is dit nie met deernis geskryf – juis om ander in moeilike omstandighede ook te bemoedig nie.  Dit is ’n storie wat vertel dat God baie verder beplan as hoe ons ooit sal kan begryp.  Hoe sou Naomi kon weet dat haar lewe 'n draai via Moab moes maak om daar vir Rut as ’n skoondogter te kry; en dat juis Rut met haar mede-menslikheid Naomi sou help terugkeer na haar eie mense. Hoe sou die twee vroue vooruit God se plan kon insien dat dit juis danksy Boas was by wie die twee vroue hulp sou ontvang nie.  God wat juis raaksien en nie wegkyk nie!  Nou – in die dowwe spieël – lyk die vallei soos 'n dal van doodskadu, en tog sou Naomi en Rut moes  saamstem: God is die enigste een wat in die vallei van moeilikheid 'n deur van hoop kan oopmaak. Hoe goedgesind was God Naomi tog nie inderwaarheid nie.  Haar seuns het gesterf, maar sy het 'n kleinkind gekry!  Mag jy vandag hierdeur bemoedig word:  dat vanuit ’n storie wat met pyn begin het, ’n klein babaseuntjie gebore is wat later die stamvader sou wees van ’n ander Babaseuntjie wat ook gebore sou word. GEBED: Here, dankie dat ek onder U vleuels kan kom skuil, soos Rut en Naomi, wetend U draai nie weg van ons nie.KUNS: ‘Rut en Naomi’, William Blake, 1795POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDagMUSIEK:  Op Dag 12 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ’n musiekvideo van die Passion-musiekbeweging  se lied “Christ Our King” saam met Rachel Halbachm.Uit die liriek:We wait for You LordWe wait for You LordFor Your justice, Your mercyRevival in our cityWe wait for You Lord Christ Our KingBe enthroned, be lifted highChrist Our KingBe forever glorifiedhttps://youtu.be/ftWREuAn1nM